Welkom by
Wierie Woekerland
Veilige Afrikaanse kleuterskool en naskool in Wierdapark, Centurion
Kleuterskool en dagsorg vir babas vanaf 3 maande tot graad RR, met ’n naskool vir graad R tot 7.










Kleuterskool en Dagskool
Vir babas vanaf 3 maande tot graad RR. Klein klasse, liefdevolle juffrouens en ’n eie speel-en-leerprogram vir elke ouderdom.

Naskool
Vir babas vanaf 3 maande tot graad RR. Klein klasse, liefdevolle juffrouens en ’n eie speel-en-leerprogram vir elke ouderdom.
Waar elke kind kan woeker, leer en blom

Waarom ouers Wierie Woekerland kies
Meer as net ’n kleuterskool: ons skep ’n liefde vir leer deur speel, ontdekking en kreatiwiteit.
ELDAS-kurrikulum
’n Speel-en-leerprogram gebaseer op die Early Learning and Development Areas.
Kinderkinetika
Weekliks deur ’n kinderkinetika-terapeut, by die skoolfonds ingesluit.
Musiek
’n Weeklikse musiekprogram vanaf die 3-jarige klasse.
Ontbyt en middagete
By die skoolfonds ingesluit.
Christelike waardes
Elke dag begin met ’n Bybelopening.
Klasgroottes volgens ouderdom
Van maksimum agt in die 1- tot 2-jarige klas; tot maksimum 19 in graad RR, elk met ’n juffrou en ’n assistent.
Oop van 06:30 tot 17:30
Ure wat by werkende ouers pas.
Oop in die skoolvakansie
Met ’n prettige vakansieprogram.

Wees deel van die Wierie Woekerland avontuur!
Ons glo dat die keuse van ’n kleuter- en naskool een van die belangrikste besluite is wat ouers vir hul kinders kan neem.
By Wierie Woekerland is ons kinders en personeel die hartklop van alles wat ons doen – hier maak ons elke dag ’n positiewe verskil in elke kind se lewe.
By Wierie Woekerland is ons kinders en personeel die hartklop van alles wat ons doen – hier maak ons elke dag ’n positiewe verskil in elke kind se lewe.
’n Vaste fondasie vir lewenslange sukses
Ons span toegewyde en ervare opvoeders het ’n passie vir kinders en verstaan die belangrikheid van die vroeë jare as die boustene van ’n kind se ontwikkeling. Hier leer ons nie net met boeke en lesse nie, maar met speel, verbeelding en ontdekking – want ons weet dat leer die beste plaasvind wanneer dit pret is!
Liefde & aandag
Elke kind is uniek en waardevol.
Speel & kreatiwiteit
Deur spel ontwikkel ons vaardighede vir die toekoms.
Natuur & ontdekking
Ons speel buite en verwonder ons aan God se skepping.
Gemeenskap & selfvertroue
Ons bou sterk verhoudings en waardes.




Skoolfonds 2027
Wierie Woekerland se maandelikse fooi sluit in u kind se ontbyt en middagete in, asook ‘n vrug, toebroodjies en koeldrank. Dit dek ook ons speel-en-leerprogram, weeklikse kinderkinetika met ‘n kinderkinetika-terapeut, weeklikse musiek vanaf die 3-jarige klasse, en die vakansieprogram.
Kleuterskool vanaf
R3 950
per maand (halfdag)
Naskool vanaf
R2 650
per maand
Betaal ten volle teen 28 Februarie 2027 en kry 5% afslag.
Ons fasiliteite
Reg langs Laerskool Wierdapark het ons ‘n veilige, versorgde perseel waar elke ouderdomsgroep sy eie plek het om te speel, te leer en te rus.
'n Klas vir elke ouderdom
Van die babaklas tot graad RR het elke groep sy eie klaskamer en juffrou.
Buite speelarea
'n Speelarea waar kinders elke dag buite kan speel, hardloop en ontdek.
Rustyd
Elke kind kry ‘n eie matrassie vir die middagslapie.
Eetsaal
Ontbyt en middagete word saam in ons eetsaal geëet.
Veilige toegang
Die naskool het ‘n eie gebou, apart van die kleuterskool.
Naskoolgebou
Die naskool het ‘n eie gebou, apart van die kleuterskool.
Kom kuier vir ons
Sien self waar u kind gaan woeker, leer en blom
Die beste manier om Wierie Woekerland te leer ken, is om ons te besoek. Stuur vir ons ‘n navraag, dan skakel ons u om ‘n tyd te reël wat u pas. U ontmoet die juffrouens, sien die klasse en speelareas, en kry antwoorde op al u vrae.





Plek vir 2027 is beperk.
Bespreek nou ‘n besoek en verseker u kind se plek.
Kontak Wierie Woekerland
Het u ‘n vraag oor die kleuterskool of naskool, of wil u ‘n besoek reël? Vul die vorm in, dan skakel ons u persoonlik terug.
U kan ons ook gedurende kontakure bel of ‘n e-pos stuur.
U kan ons ook gedurende kontakure bel of ‘n e-pos stuur.





